_LCR2472
Het jy gehoor?

Bobby smeul op die rooi tapyt, en só voel hy daaroor

Bobby van Jaarsveld is in SARIE se April-uitgawe aangewys as een van ons Inspirasie-wenners. Hy het die kategorie vir Rooitapyt-sjarme gewen.

Hy het die volgende te sê gehad oor dié toekenning: “Ek raak nooit gewoond aan toekennings nie; hierdie is ’n voorreg. En dié een verdien ek nie. Ek is eintlik half skaam daaroor. Maar ek waardeer dit. Mense moet net besef dinge kan wonderlik lýk, maar ek stoei ook om dinge uitgesorteer te kry. Ek dink nie juis daar bestaan iets soos ’n droomman nie. Niemand is perfek nie. Ons is mos almal net mense.”

Maar soos ons Bobby ken, is hy net so ‘n goeie pa as wat hy musikant is. Hy het dié foto vanoggend op sy Instagram-blad gedeel.

Screen Shot 2015-04-21 at 12.15.01 PM

Bobby se seuns by hul weeklikse swemles. FOTO: Instagram