FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Bobby van Jaarsveld deel groot nuus

Die sanger Bobby van Jaarsveld het op Facebook bekend gemaak dat hy een van die afrigters van die Suid-Afrikaanse weergawe van The Voice sal wees. 

Die kompetisie gaan egter taai wees met groot name in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld soos Karen Zoid, Lira en Kahn Morbee.

Die plaaslike weergawe van die talentsoek-reeks sal vanaf 2016 eksklusief op M-Net (DStv-kanaal 101) wees. Dié aankondiging is verlede maand gemaak.

Die oudisies om deel te neem aan dié gewilde TV-program is:

Kaapstad: Nuweland 17 en 18 Oktober
Durban:
Kings Park-rugbystadion 25 en 26 Oktober
Johannesburg:
Mark’s Park 31 Oktober en 1 November

Jy kan ook die tou vryspring deur jou oudisie aanlyn te laai. Klik HIER vir meer inligting. 

Indien jy Bobby wil beïndruk moet jy dié video kyk:

Lees ook