FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Bobby van Jaarsveld en Annatjie weer swanger

Die sanger Bobby van Jaarsveld en sy vrou, Annatjie, het op Facebook aangekondig dat hulle binnekort baba nommer 3 gaan verwelkom! 

Dit beteken Sion en Leben gaan nou ouboeties wees! Bobby het gesê Annatjie is al 2 maande swanger, dus gaan hulle die nuwe toevoeging tot hul gesin vroeg volgende jaar ontmoet.

Wil graag die goeie nuus deel … Ons het uitgevind ons gaan weer ouers word!!!!!! Anna is al 2 maande! ‪#‎GodisGood

 ITEM

Facebook

Baie geluk, Bobby en Annatjie! 

Bobby en Annatjie by die bekendstelling van As jy sing

Bobby en Annatjie by die bekendstelling van As jy sing