FOTO: Instagram  bobbyvanjaarsveld

FOTO: Instagram bobbyvanjaarsveld

Het jy gehoor?

Bobby van Jaarsveld se dogtertjie, Armani, is hier!

’n Dag ná pa Bobby van Jaarsveld verjaar het, is klein Armani gebore. Die sanger en sy vrou, Annatjie, se nuutste pienkvoet is vandag om 14:00 gebore.

’n Opgewonde Bobby het die nuus vanoggend op sosiale media gedeel.

 

Hy en Annatjie het reeds twee seuntjies, Sion en Leben.

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Bobby en sy suster, Karlien, was die afgelope naweek by 3 feesdae van ’n groep Media24-tydskrifte, waarvan SARIE een was. Die vrolike fees, wat op die Gallagher-landgoed in Midrand plaas gevind het, het optredes deur bekendes soos Suzelle DIY en Mark Lottering ingesluit.

Bobby en Karlien het saam met SARIE se kosredakteurs, Barbara Joubert en Herman Lensing, teen mekaar gekook. En Bobby het ook saam met SARIE se dekorredakteurs, Anita Rossouw en Lounette Fourie, mooi goed gemaak.

Gister het Bobby (29) verjaar en terwyl hy besig was om teen Karlien te kook, het sy twee seuntjies hom verras met ’n springmieliekoek. SARIE se Herman het spesiaal die koek vir Bobby gemaak omdat hy so baie van springmielies hou.

Karlien het spontaan vir Bobby begin sing en die Van Jaarsveld-familie het saam met hulle die dag deurgebring. Karlien se tweeling en Bobby se seuntjies het omtrent die dag geniet. Annatjie was ook daar om haar ondersteuning te wys.

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Die afgelope paar weke het Bobby harte gesteel met sy rol as mentor op The Voice. En ná gister se episode het hy nog net een plek in sy span oor.

“Die ander ouens het sterk persoonlikhede en ek is op my plek. Dan moet ek veg. In Engels, nog erger. Ek sou my saak soveel beter in Afrikaans kon stel, ek sou vurig gewees het,” vertel Bobby in die nuutste uitgawe van SARIE.

Lees wat Bobby, Karen, Lira en Kahn te sê het in die nuutste SARIE-uitgawe. Koop dit nou.

Maart-voorblad 2016 Karen zoid

Lees nou