Bobby as mnr. Conradie in die Afrikaanse musiekfilm 'As jy sing'

Bobby as mnr. Conradie in die Afrikaanse musiekfilm 'As jy sing'

Het jy gehoor?

Bobby van Jaarsveld se kinders hou hom wakker

Kinders hou altyd hul ouers wakker – daar is soveel om jouself oor te bekommer. Maar Bobby se seuns, Sion en Leben, het gisteraand vir pa letterlik wakker gehou.

Bobby het gisteraand ’n video op sy Instagram-blad gedeel van Sion en Leben wat nie lyk asof hulle enigsins naby aan gaan slaap is nie.

Hy het gisteraand omstreeks 23:00 by dié video geskryf: “Dis wat my kinders nou doen… Hierdie gaan ‘n lekker nag wees. #lekker #slaap“.

Bobby en SARIE in Pretoria

SARIE se Voorbladgesig-wenners word by ’n glansgeleentheid
aangekondig – en jy is genooi!

Wees deel van die opwinding wanneer die 2 kategoriewenners op 9 September by ’n spoggeleentheid in Pretoria aangekondig word. Dan onthul ons ook wie van dié 2 op die voorblad van ons Oktober-uitgawe gaan wees.

Koop jou kaartjie(s) en kom deel die perstapyt-aand met sangers Charlize Berg en Bobby van Jaarsveld, seremoniemeester Elma Smit en vele meer.

Voorbladgesig

DATUM DINSDAG 9 SEPTEMBER 2014
TYD 18:30
PLEK ATTERBURY-TEATER, LYNNWOOD BRIDGE, PRETORIA
PRYS R130 & R150
BESPREKING COMPUTICKET

Die top-10 finaliste word in die Augustus-uitgawe van SARIE bekend gemaak – 14 Julie op die rakke!

Voorbladgesig

Lees ook