sr1012bobby_lika_1_
Het jy gehoor?

Bobby van Jaarsveld verwyder sy tatoes

Hy het aan sy aanhangers op Twitter gesê: “Gaan nou my Tattoo try remove….sal nou i foto stuur…spyt kom altyd te laat…spesiaal met ink op jou lyf…”

In ’n onderhoud met SARIE het hy gesê hy het besluit om die tatoeëermerk te verwyder omdat hy voel dit straal nie ’n goeie beeld uit nie. “Aan die begin is dit lekker om ’n tatoe te hê, jy voel cool… maar na ’n ruk raak jy moeg daarvoor, veral as dit die hele tyd visible is,” vertel hy.

“Ek voel veral sleg as kinders sê hulle wil ook so ’n tatoe kry, want ek besef ek is in dié opsig nie ’n goeie voorbeeld nie.”

Bobby is baie spyt oor sy tatoeëermerke. “Toe ek destyds besluit het om dit te kry het ek op Christelike simbole besluit, want ek wou iets moois laat opsit, iets wat my verhouding met die Here sou laat groei. Maar nou besef ek dat ons nie die kruis aanbid nie, maar ’n Lewende God. Hy lewe nie in simbole nie, maar in ons harte.”

Hy verduidelik dat die proses taamlik pynlik was. “Hulle sny met ’n lemmetjie in die vel in waar die tatoe is, dan spuit hulle iets wat soos onderlaag lyk daar in. Dit absorbeer die ink en verbloem die merk.”

Die groot tatoe op sy skouer is nog daar, want dit is baie groot en gaan lank neem om te verwyder. “Ek besluit nog of ek hom ook gaan laat verwyder.”

 

  • Teejayem

    Mooi so Bobby. Ek admireer jou boldness.

  • Rensche

    piercing?
    .by Helena Enslin Laubscher on Wednesday, February 2, 2011 at 12:49am.What does the Bible say about tattoos / body piercing?

    The Old Testament law commanded the Israelites, “Do not cut your bodies for the dead or put tattoo marks on yourselves. I am the LORD” (Leviticus 19:28). So, even though believers today are not under the Old Testament law (Romans 10:4; Galatians 3:23-25; Ephesians 2:15), the fact that there was a command against tattoos should raise some questions. The New Testament does not say anything about whether or not a believer should get a tattoo.

    In relation to tattoos and body piercing, a good test is to determine whether we can honestly, in good conscience, ask God to bless and use that particular activity for His own good purposes. “So whether you eat or drink or whatever you do, do it all for the glory of God” (1 Corinthians 10:31). The New Testament does not command against tattoos or body piercing, but it also does not give us any reason to believe God would have us get tattoos or body piercings.

    An important scriptural principle on issues the Bible does not specifically address is if there is room for doubt whether it pleases God, then it is best not to engage in that activity. Romans 14:23 reminds us that anything that does not come from faith is sin. We need to remember that our bodies, as well as our souls, have been redeemed and belong to God.

    Although 1 Corinthians 6:19-20 does not directly apply to tattoos or body piercings, it does give us a principle: “Do you not know that your body is a temple of the Holy Spirit, who is in you, whom you have received from God? You are not your own; you were bought at a price. Therefore honor God with your body.” This great truth should have a real bearing on what we do and where we go with our bodies. If our bodies belong to God, we should make sure we have His clear “permission” before we “mark them up” with tattoos or body piercing.

    .

  • KaReN

    Bobby, ek wens jy kan op Tafelberg staan en dit uitbasuin aan almal wat dit oorweeg om tattoos te kry! Dit is so awesome! Ek kon nie vanoggend my kruis kry wat ek altyd om my nek dra nie en toe ek moes ry anders kom ek laat vir werk, het die gedagte by my opgekom maar die Here is mos in my hart…..ek het nie my kruis aan ‘n ketting nodig nie!! My pa het verskeie tattoos en ek weet beter as enigeen ‘n tattoo verander nie wie jy is nie, maar maak nie saak wat die simbool is nie, ‘n tattoo is so nie mooi nie!

  • mariette

    Waar kan ek n tatoo verwyder het jul n nommer van iemand wat dit ken en weet wa hul doen

  • Monica

    So jy wil net dit verwyder wat die mense kan sien?!

  • Tom

    My ou groot vriend, mede christen, baie dankie vir jou dapper opoffering. Dit vat guts daarby om dit op so opregte, eerlike wyse in die cool ateistiese gebroke wereld uit te stuur. Die mooiste tatoo wat n man kan kry is die ene wat se dat jy n lewende God hart en siel lief het – daai tatoo in ons harte wat met blydskap in ons lewens en harte uitgedra word in die koue gevoelose wereld. Geniet jou dag, week verder.

  • OllieMor

    So, PARTY tattoos is ‘n slegte voorbeeld, maar ander kan dalk bly? Hierdie artikel maak soveel sin soos Bobbie se lirieke.

  • H Jacobs

    ‘n Mens kan voorwaar trots voel op jou Bobby. En ja, dit is wat ‘n ware rolmodel vir so baie jongmense sal doen. Geluk.

  • Stellie

    Dis wonderlik Bobby – ja dit vat voorwaar guts. Mag die Here jou werklik gebruik op alle aspekte van die lewe en jou lei, dra en bless!

    @OllieMor – daars ‘n balk in jou oog.

  • Hyla

    Bobby, wat maak dit saak… jy het die tatoo nou op, los dit daar… dis nie van hoe jy lyk nie maar wat jy doen met jou lewe en jou lewe sover is daar niks mee verkeerd nie… sterkte en as ek jy is hou die tatoo…

  • LOUIS JORDAAN

    Ek haal my hoed af vir jou.TATTOOS kan nooit goed gepraat word nie en is die toonbeeld van iemand sonder self respek.

  • Jude

    Ugh rerig…, ek wens Afrikaners (en ek se nie almal nie) wil daai klappe/skille van julle oe af haal, word asb wakker. Tattoo’s is nie sondig nie!!Sien en ervaar bietjie die lewe buite jou veilige mensgemaakte neute doppie!! Jy sal verbaas wees wat jy kan vind/ervaar (En nog steeds Christen wees!!!!!!)

  • Helen

    I am trying to find out the name of this method of tattoo removal and maybe where its available.
    Sorry i don’t speak afrikaans. I’m not sure if the name of the method is in the article, or perhaps someone or Sarie can tell me? thanks if anyone can help

  • Qoqqie

    “Do not cut your bodies for the dead or put tattoo marks on yourselves. I am the LORD” (Leviticus 19:28).

  • Sybrand

    ag ja what ever – wie gee om!

  • Marinda

    OllieMor en Monica, kan julle nie LEES nie? Siestoggies.

  • Leon

    Bobby, my seun is nou eers 13 en beplan jare al vir sy Bobby tatoo. Ek het vir hom gesê, "Oor my dooie liggaam". Baie dankie vir hierdie opregte en eerlike brief. Ek gaan dit vir hom wys en glo hy sal van plan verander. N.S. OllieMor, word wakker, jy gaan vêr moet soek om ‘n kunstenaar soos Bobby te kry. Lerieke en al.

  • Hannetjie

    Mooi so Bobby! Prys die Here want dit is nie wat Hy vir ons in gedagte gehad het nie toe Hy ons geskape het nie.

  • Bianca

    Wag ‘n bietjie , ek hou baie van Bobby en die musiek wat hy maak , dit is rerig besonders ek het net een klein probleempie met die hele artikel , eks jonk omtrent die selfde ouderdom as Bobby , en ek glo mens is wie jy jouself maak , die lewe gaan oor wie jy binne is , as jy ‘n tatoo 4 jaar terug gekry het , het jy dit gekry met ‘n rede , mens moet goed in die verlede onthou sodat jy weet wat om in die toekoms tedoen. En hoekom stem hy in om die een op die arm af tehaal as wat hy nie weet of die ander een ook af gehaal gaan word nie , iets se vir my hy is self nie seker of hy die tatoo’s wil verwyder nie…. bietjie dubbelsinnig….

  • Jennifer Badenhorst

    Ek stem saam, jou liggaam is die tempel van God, jy straal Jesus se liefde reeds uit, geen tekens is nodig om te wys jy is ‘n Christen nie.

    Baie geluk met jou huwelik, mag ons Vader jul huwelik seen.

  • Carla Rediker

    Bobby jy is baie oulik en sing baie mooi.Ek het jou by die vryburg skou vir die eerste keer gesien en ek het nie geweet jy is so mooi nie.Ek maak nou net prente en allerhande goed van jou bymekaar en ek wens ek kan jou weer sien…Van Carla Rediker 10 jaar oud…Mwah

  • Kain

    Mooi Bobby!
    Stem saam met Karen hierbo!