bobby
Het jy gehoor?

Bobby-VIDEO: Só skryf ek my liedjies

Bobby van Jaarsveld is op die Desember-voorblad van SARIE.

Hy het alles: Die stem, die glimlag, die spiere, die fans. Vir derduisende aanghanger is dit Bobby van Jaarsveld, die hartebreker. Tog is oomblikke van stilte en alleenwees vir dié introvert ewe kosbaar.

Bobby is op die Desember-voorblad van SARIE dié jaar en binne kan jy uitsien na ’n sexy fotosessie met dié sanger. Dié uitgawe is reeds digitaal beskikbaar:

LAAI DIT HIER AF

Hy gesels met Phyllis Green oor die skryfproses en onthul van sy gunsteling-liedjies en wat vir hom die maklikste was om te skryf: “Inspirasie vir’n song is bietjie over-rated. Want ek elke keer moet gaan sit as ek geïnspireerd is, gaan dit min gebeur,” vertel Bobby.

 

Desember-uitgawe nóú te koop + kry gratis geskenkpapier

DES-570x747