Het jy gehoor?

Boekeskou in Kaapstad die naweek

Dis weer tyd vir die grootste boekeskou in Afrika, suid van die Sahara. Met sowat 250 deelnemers uit 29 lande beloof die Cape Town Book Fair (13 – 16 Junie) om ‘n fees van verskeidenheid te wees. Die organiseerders hoop om verlede jaar se bywoningsyfer van 50 000 verby te steek.

Sien uit hierna!

  • André Brink en Ivan Vladislavic sal voorlees uit ‘n versameling stories van Nadine Gordimer, Damon Galgut, Imraan Coovadia en Henrietta Rose-Innes. Alle tantième word aan die Treatment Action Campaign vir MIV/Vigs geskenk. Zackie Achmat sal die lesers bekend stel.
  • Die nuwe Spud is hier!
    John van de Ruit (skrywer van Spud en Spud – The Madness Continues) gaan ‘n uittreksel uit sy nuwe boek, Spud – Learning to Fly, voorlees. Hy gaan ook oor sy lewe as skrywer gesels en ‘n boekbespreking sal volg.
  • Nog ‘n opwindende voorlesing om na uit te sien is een deur Adele Parks, skrywer van 7 topverkoper-romans, waaronder haar nuutste, Love Lies.
  • Strokiesprente – Zapiro en kie. gesels
    “Cartooning as social and political commentary in South Africa.”
  • ‘n Paneelbespreking, “My success, your success” met Jane Raphaely, Basetsana Kumalo, Carrol Boyes en Joan Joffee.
  • SA se bekendste weerman, Simon Gear, deel groen wenke uit sy nuwe boek, Going Green – 365 Ways to Change our World
  • En Sam Scarborough, skrywer van Cool Spaces for Kids, vertel hoe ‘n mens plek vir kinders kan skep waar hulle kan speel, leer en in ‘n veilige omgewing ontwikkel.
  • Daar gaan verskeie werksessies aangebied word oor hoe om oor sake te skryf, of hoe om ‘n proefleser of teksredakteur te word. Louise Grantham, uitgewer by Penguin Books, gee ‘n lesing genaamd “Have you always wanted to write a book?”.

Hoe? Waar? Wanneer? Kaartjies?

Saterdag 13 tot Dinsdag 16 Junie by KIKS
Saterdag tot Maandag: 10 vm. tot 6 nm.
Dinsdag: 10 vm. tot 4 nm.
R50 vir volwassenes / R20 vir pensioentrekkers
Studente kry afslag, kinders o.18 gratis
(Exclusive Books Fanatics-lede kry 50% afslag, mits jy jou ledekaart wys)

**Die Cape Town Book Fair word in samewerking met die Frankfurt-boekeskou en die Publishers’ Association of South Africa gehou.