FOTO: Instagram (@elvisbluemusic)

Het jy gehoor?

SA sterre oor Bruce ‘The Boss’ Springsteen

Bruce Springsteen, oftewel ‘The Boss’, het vroeër die week in Suid-Afrika aangekom vir sy eerste Suid-Afrikaanse konserte. Dít is van die SA bekendes se reaksie op sy vertonings.

Vroeër die week het Bok van Blerk, Elvis Blue, Elana Afrika-Bredenkamp en haar man, Ian, en Wicus van der Merwe almal op sosiale media vertel van hul ervaring by The Boss se konserte.

FOTO: Instagram (@elvisbluemusic)

FOTO: Instagram (@elvisbluemusic)

Idols-wenner Elvis Blue het dié foto voor gisteraand se konsert op Instagram gedeel. In die onderskrif het hy grappenderwys geskryf dat hy dalk soos ’n meisie gaan gil van opgewondenheid.

Agter die skerms van Elvis Blue se nuwe musiekvideo

Ian Bredenkamp en Elana Afrika (wat ook in die Februarie-uitgawe van SARIE is) was by Sondagaand se vertoning. Elana het fotograaf gespeel terwyl Ian ’n selfie met Bruce in die agtergrond geneem het.

FOTO: Twitter (@IanBredenkamp)

FOTO: Twitter (@IanBredenkamp)

 

Op Twitter sê Ian hy en Elana het albei aan Bruce geraak terwyl die skare die internasionale ster op sy rug gedra het.

Na watter Hollywoodster lyk Elana?

 

 

 

 

Dis duidelik dat Bok van Blerk en Wicus van der Merwe gisteraand se konsert ook geniet het! Wicus het op Twitter gesê dié konsert is een van die redes waarom hy op die aarde is en Bok van Blerk het getwiet:

Vanaand is Bruce se laaste van drie konserte in Kaapstad voordat hy Saterdag by die FNB Stadion in Johannesburg optree. Kurt Darren en sy vrou Dunay gaan dié vertoning bywoon.

Bruce het sélf die Kaap baie geniet en sommer ’n paar foto’s op sy webtuiste gelaai

the boss

Wat is jóú gunsteling-treffer van The Boss?