Jean en Layli
FOTO: Minette de Villiers

Jean en Layli FOTO: Minette de Villiers

Het jy gehoor?

Bok-kaptein Jean de Villiers opgewonde oor derde kind

Die Springbok-kaptein Jean de Villiers se derde kind word eersdaags gebore.

Jean het in ’n persverklaring gesê dat sy knie-operasie gister suksesvol was, maar hy weet nog nie wanneer hy weer op die veld gaan uitdraf nie.

“My fokus is nou op die koms van my derde kind wat binnekort kom. Daarna gaan dit oor herstel en sodra ek kan, begin ek met rehabilitasie,” sê Jean.

Hy wil graag volgende jaar aan die Wêreldrugbybeker-toernooi in Engeland deelneem. Sy knie is beseer toe die Bokke teen Wallis gespeel het.

Jean en sy vrou, Marlie, is reeds die trotse ouers van twee dogters Layli (byna 3 jaar oud) and Lana (1).

Jean en Layli FOTO: Minette de Villiers

Jean en Layli
FOTO: Minette de Villiers

Bronne: My Players, IOL en Netwerk24

Lees nou