Het jy gehoor?

Bok, Robbie en Lianie gaan gróót vir Kersfees

“Só lyk my Kersfees en dít wil ek graag in my Kerskous hê….”

Bok van Blerk
“Ek gaan gedurende die Kerstyd Mosambiek toe saam met my familie en vriende. En vir Kersfees sal ‘n nice visstok lekker wees. Maar, onthou, die katrol is belangriker as die stok.”

Robbie Wessels
“My ma-hulle bly in die Strand, so ek gaan daar saam met my gesin kuier. Ek wil baie graag ’n potbelly-varkie vir Kersfees hê. Ek weet niemand gaan vir my een koop nie, want almal moes na die vorige een help kyk…”

Lianie May
“Ek en Barry (haar verloofde) gaan rustig by die huis wees en die oggend kerk toe gaan. Andersins gaan ons Oranjeville toe om die dag saam met my ouers deur te bring. Ek heg nie waarde aan materiële goed soos geskenke nie. Al wat ek ooit vra is dat my familie en vriende vir nog ’n jaar gespaar word.”

[box:full:grey:both]

Bok van BlerkJay

Kersfees is Groot
(Met Bok, Lianie May, Robbie Wessels, Jay, Jak de Priester, Liza Kotze en Paulo Azuvedo as seremoniemeester)

Datum: Saterdag 10 Desember 2011
Tyd:
18h00
Waar: Menlyn Park Event Arena, Pretoria
Kaartjies teen R80, bespreek by Computicket

[/box]