photo_25_
Het jy gehoor?

Bok Schalk se Michele deel haar foto-oomblikke + die nuutste oor meningitis

Springbok-rugbyspeler Schalk Burger draf vanaand (27 September) weer vir WP uit, ná 18 maande weg van die veld. Nadat daar vroeër vanjaar weens bakteriese breinvliesontsteking vir die lewe van Springbok Schalk Burger gevrees is, het dié gevaarlike siekte opnuut aandag getrek.

SARIE.com bring jou op hoogte van die nuutste navorsing oor meningitis.

SARIE het in Julie 2013 sy vrou Michele Burger se mooiste Instagram-foto’s gewys – hier’s die foto-album.

Michele Burger, binneversierder en vrou van die Springbok-rugbyspeler Schalk Burger, het verlede jaar toe sy haar iPhone gekry het, besluit om Instagram, die aanlyn-fotodiens en sosiale netwerk (wat jy as applikasie op slimfone kry), te probeer. So vang sy vele spesiale oomblikke vas. Michele woon saam met haar man en hul babaseun, ook Schalk (9 maande), in Nuweland, Kaapstad.

Wat ek geleer het:

  • Instagram gee my kreatiwiteit vrye teuels.
  • Dis ’n vinnige manier om létterlik my vinger op die “pols” te hou. Jy kan só bybly met die nuus, die nuutste neigings in ontwerp, internasionale sportwedstryde en giere in Hollywood.
  • Wat ’n lekker toevoeging tot die wêreld van sosiale media – geliefdes bly dikwels ver weg en dít help ons om ons daaglikse lewe op ’n visuele manier met mekaar te deel.
  • Instagram is my visuele notaboek. Ek verwys baie terug na my foto’s as ek inspirasie soek vir ’n binneversier-projek.