Het jy gehoor?

Bok van Blerk & Brümilda in nuwe fliek

Sanger en akteur Bok van Blerk verskyn binnekort saam met legendariese aktrise Brümilda van Rensburg op die silwerskerm in ’n splinternuwe fliek.

Dié fliek, Leading Lady, gaan oor ’n Britse vrou en ’n jong boer van Brandfort in die Vrystaat. Die Brit, ’n aktrise, moet voorberei vir haar rol as Afrikaanse oorlogsheldin vir ’n Hollywood-rolprent.

Bok van Blerk en Hanna Grobler FOTO: Phyllis Green

Bok van Blerk en sy meisie, Hanna Grobler FOTO: Phyllis Green

Sy vra die boer (Bok van Blerk) om haar te help voorberei en in ruil help sy hom om die jaarlikse konsert op sy plaas te beplan.

Henk Pretorius, wat ook verantwoordelik was vir flieks soos Fanie Fourie se lobola en Bakgat, is die skrywer en die regisseur. Bok speel die jong boer en Brümilda speel sy ma (so ewe met blou strepies in haar hare!). Die Britse sterre Katie McGrath (sy is tans te sien in die nuwe TV-reeks Dracula) en Gill Bellows (The Shawshank Redemption) speel ook in die fliek.

Kyk solank na die lokprent!