Bok van Blerk en Hanna Grobler by die bekendstelling van 'As jy sing' in 2013
FOTO: Phyllis Green

Bok van Blerk en Hanna Grobler by die bekendstelling van 'As jy sing' in 2013 FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Bok van Blerk herstel van malaria

Netwerk24 berig dat die gewilde sanger en akteur Bok van Blerk malaria opgedoen het in Mosambiek.

Bok vertel aan Netwerk24 dat hy dit gelukkig vroeg opgemerk het en vinnig medisyne gekry het. Hy was reeds terug in SA vir optredes toe hy die simptome opgemerk het.

Hy het die naweek op Facebook geskryf dat sy vakansie onderbreek is: “My 2de helfte van my vakansie het toe nie gebeur nie weens ’n malariamuskiet se planne om my te steek… Lê nou in die bed by die huis, voel darem al beter.”

Hy het ook oor die naweek dít getwiet:

Hy is intussen op die been en beplan om die “tweede helfte” van sy vakansie aan te pak – weer in Mosambiek.

Hy vlieg reeds op 31 Januarie Londen toe waar hy gaan optree wanneer die Blou Bulle teen die klubspan Saracens speel.

Lees die volledige storie op Netwerk24.

Om te weet

Malaria word deur ’n parasiet veroorsaak en deur die wyfie van ’n spesifieke soort muskiet (genus Anopheles) versprei. Die wyfie suig bloed, want dis nodig vir die ontwikkeling van eiers. Die mannetjie lewe van blom-nektar. Plaaslik is dit meestal die parasiet P. falciparum. Dit veroorsaak die ernstigste malaria-komplikasies en meeste sterftes.

Dis ’n mite dat daar ’n nuwe, dodelike soort malaria is. Serebrale malaria is nié nuut nie, maar ’n komplikasie van onbehandelde falciparum-malaria. As dit nie binne 48 uur ná die verskyning van simptome behandel word nie, kan jy sterf. ’n Vroeë diagnose en toepaslike behandeling kan dit voorkom.

leandie du randt voorblad feb februarie
Lees meer oor malaria in die nuutste uitgawe van SARIE – nóú op die rak!

 

 

Bronne: Netwerk24 en Facebook