KATY PERRY
Het jy gehoor?

Bokser onttroon Beyoncé as bekende wat die meeste verdien

Die finansiële tydskrif Forbes het pas die bokser Floyd Mayweather aangewys as die bekende wat die afgelope jaar die meeste geld verdien het, berig E!News. Die sangeres Beyoncé het in 2014 dié posisie beklee. Katy Perry is derde op dié lys en pryk op die Julie-uitgawe van Forbes.

Die top-10 bekendes wat in die laaste 12 maande die meeste geld verdien het, is:

1. Floyd Mayweather

2. Manny Pacquiao

Manny en Floyd het vroeër vanjaar in die sogenaamde “boksgeveg van die eeu” teen mekaar te staan gekom. Floyd het $300 miljoen verdien nadat hy die geveg gewen het en Manny het $160 miljoen ryker weggestap.

3. Katy Perry

Katy, wat in 2014 die 9de plek beklee het, is vanjaar die hoogs betaalde musikant danksy die sukses van haar Prismatic-toer.

4. One Direction

Dié boy band het dit reggekry om die toptien te haal ten spyte daarvan dat Zayn Malik, een van die gewildste lede, die groep vroeër vanjaar verlaat het.

5. Howard Stern

Howard Stern is ’n Amerikaanse radio- en televisiepersoonlikheid wat veral bekend is vir sy radioprogram The Howard Stern Show.

6. Garth Brooks

Garth Brooks is ’n Amerikaanse country-sanger en -liedjieskrywer.

7. James Patterson

Vanity Fair beskryf James Patterson as die Henry Ford van boeke. Hy het sedert 2001 al meer as 300 miljoen gedrukte kopieë van sy boeke verkoop. Hy is die skrywer van onder meer die gewilde Alex Cross-reeks.

8. Robert Downey jnr.

Volgens IMDb het hy sy debuut as akteur op die ouderdom van vyf gemaak. Hy is veral bekend vir sy rolle in Iron Man, The Avengers en Sherlock Holmes.

9. Taylor Swift

Nie net is dié popster een van die rykste bekendes onder 30 nie, E!News berig ook dat Taylor en haar nuwe kêrel, Calvin Harris, die paartjie is wat gesamentlik die meeste geld verdien.

10. Cristiano Ronaldo

Ronaldo is die kaptein van die Portugese sokkerspan en speel ook vir Real Madrid, ’n sokkerklub in Spanje.

Lees ook: