Het jy gehoor?

Bond-meisie nou Campari-meisie

Olga Kurylenko, ‘n model van die Oekraïne, het in 2008 as die Bond-meisie in Quantum of Solace Hollywood haar eie gemaak.

Nou het Campari haar gekies as die model vir hul ikoniese kalender vir 2010. Met haar insluiting voeg sy haar naam by ‘n lys sensuele skoonhede soos Salma Hayek, Jessica Alba en Eva Mendes. Elke jaar word ‘n wêreldklas-fotograaf gevra om foto’s vir dié eksklusiewe kalender te neem. Slegs 9 999 kopieë word gedruk en na ‘n uitgelese groep gestuur.

Die bekende Italiaanse fotograaf Simone Nervi het dié keer die foto’s geneem en die Italiaanse stad Milaan gekies as agtergrond. Die ken-frase van die advertensieveldtog is: Een vrou, een stad, eindelose moontlikhede.

Die 2010-kalender vier die essensie van Campari Red Passion – die perfekte pasmaat vir die sensuele Olga!

Verlustig jou aan die pragfoto’s van die legendariese Campari-kalenders deur die jare.

2010: Olga Kurylenko (fotograaf: Simone Nervi)

Campari 2010

2009: Jessica Alba (fotograaf: Mario Testino)

Campari 2009

2008: Eva Mendes (fotograaf: Marino Parisotto)

Campari 2008

2007: Salma Hayek (fotograaf: Mario Testino)

Campari 2007

Kyk die agter-die-skerms-video van die 2010-Campari-kalender