jamesbond_premiere
Het jy gehoor?

Bond-première grootste nóg! Prins Charles ook daar

Daniel Craig en ‘n rits ander gaste het op die rooi tapyt by die Albert Hall geskitter vir die koninklike première van Skyfall.

Craig, wat in Skyfall vir die 3de keer die rol van Ian Fleming se James Bond-karakter vertolk, het sy verskyning in ‘n Tom Ford-pak gemaak. “Ek is ontsettend trots,” het Craig gesê. 

Prins Charles het ook die eerste vertoning van die fliek bygewoon. Die prins het vir Craig ontmoet nadat sy ma, koningin Elizabeth, saam met die akteur in ‘n kort video vir die openingseremonie van die Olimpiese Spele opgetree het. “Ek was nog nooit by ‘n première soos dié nie. Dit is ongelooflik!” het prins Charles gesê.

Craig se mede-sterre Naomie Harris, Berenice Marlohe, Judi Dench en Javier Bardem was ook daar. Vir dié glansgeleentheid het Bardem sy vrou, die aktrise Penélope Cruz, saamgebring. Hy het ook ‘n ekovriendelike pak gedra, wat hom die eerste man in Gucci vir die Green Carpet Challenge maak. Die pak is van 100% organiese wol gemaak, ‘n kraag en ‘n strikdas van herwinde satyn en ‘n 100% katoen-hemp.

Ander sterre by die geleentheid was Kelly Brook, Holly Valance en supermodel Naomi Campbell. Campbell (42) het opgedaag saam met haar Russiese biljoenêr-kêrel, Vladislav Doronin.

Craig het gesê: “Ek wou nog altyd van die ou Bond-karaktereienskappe, soos die humor, terug in die fliek kry. Dit was heerlik om van die oud-karakters terug te sit. Hulle is baie belangrik.”

Hier’s ‘n kort video van die premiére