Lisa, Jack en Pearl
FOTO: http://raddestmom.com/

Lisa, Jack en Pearl FOTO: http://raddestmom.com/

Het jy gehoor?

Bondel vreugde vir Jack Osbourne en vrou ná hartseer

Ná die hartseer van ’n miskraam in 2013 het die werklikheidster Jack Osbourne en sy vrou, Lisa, die naweek ’n nuwe baba verwelkom, berig Hello!

Jack, wat aan veelvuldige sklerose ly, is reeds die pa van ’n pragtige dogter, Pearl (3). En Pearl was lank reeds baie opgewonde om haar baba-sussie, Andy Rose, te ontmoet.

US Magazine berig dat Lisa dié oulike foto op Instagram gedeel het. Sy het bygeskryf dat Pearl haar poppe onder haar truitjie in druk. “Dit is duidelik dat sy weet wat aan die gang is!”

She keeps putting baby dolls in her shirt…pretty sure she gets what’s happening here!

A photo posted by Lisa Osbourne (@mrslisao) on

Nóg ’n celeb-baba

Dié 57-jarige akteur Alec Baldwin en sy vrou, die joga-instrukteur Hilaria, het gister hul tweede baba – dié keer ’n seun – verwelkom. Alec het op Twitter aangekondig hul nuwe baba se naam is Rafael Thomas Baldwin (Thomas is Hilaria se nooiensvan), berig Yahoo! News.

Dié paartjie is reeds die trotse ouers van Carmen (21 maande). Alec is ook pa van Ireland (19) uit sy huwelik met Kim Basinger.

FOTO: Instagram @hilariabaldwin

Ireland by haar half-suster, Carmen FOTO: Instagram @hilariabaldwin

Bronne: Hello!Yahoo! News en US Magazine