bonnie4
Het jy gehoor?

Bonnie Tyler besoek SA

Nou het jy ook die kans om die sangeres wat by Catherine Zeta-Jones en Michael Douglas se troue gesing het, in lewende lywe te sien.  

Bonnie Tyler tree 29 en 30 Augustus by Emperors Palace in Johannesburg op.    

Gaynor Hopkins is in 1951 in Wallis gebore. Sy het haar naam na Bonnie Tyler verander omdat sy gedink het dit klink beter vir die verhoog. “Ek het gedink Bonnie Tyler klink beter as Hopkins. Nou hou ek van Gaynor en ek wens ek het dit nie verander nie,” sê die Grammy-benoemde sangeres.

Bonnie Tyler

Bonnie het hard gewerk in die begin van haar beroep, maar dit was eers nadat sy ’n operasie in 1976 gehad het om uitgroeisels op haar stembande te verwyder, dat sy haar unieke heesheid in haar stem gekry het. Dít het haar die bynaam ‘die vroulike Rod Stewart’ besorg.

‘Total Eclipse of the Heart’ het vir Bonnie twee Grammy-benoemings besorg. Die album was top op die VK se trefferlys – die eerste vroulike kunstenaar om dít reg te kry.  

Bonnie het by Catherine Zeta-Jones en Michael Douglas se troue haar treffer ‘Total Eclipse of the Heart’ gesing. Bonnie se man, Robert Sullivan, is familie van Catherine.

Maar ná Bonnie se treffers van die tagtigs het sy nie gaan stilsit nie. Sy het veral in Europa sukses behaal met duette en haarself in verskeie genres bevind – waaronder sagte-pop en volksmusiek. Haar jongste album Rocks and Honey word ook hierdie jaar vrygestel.

Kaartjies is beskikbaar vanaf R450 per persoon en kan deur Emperors Palace (011) 928 1297/1213) of deur Computicket (www.computicket.com / 083 915 8000) geboek word.

  • Hannelie Horn

    Sy bly darem mooi!!! En ‘n pragtige stem.

  • Eurika

    eks daar by Bonnie se konsert

  • BT Fan

    Die vrou is 62 jaar oud!!! Ongelooflik!!!

  • Yvonne

    Sy is voorwaar n mooi popster, go girl

  • Talana

    Bonnie wat van Kaapstad?

  • Mel

    Hoekom word Kaap afskeep?