FOTO: Facebook Darren Scott

FOTO: Facebook Darren Scott

Het jy gehoor?

Boodskappe stroom in ná Darren Scott se kanker-aankondiging

“Ons dink aan jou en jou gesin,” lees een van die honderde boodskappe wat op sosiale media instroom ná die aankondiging dat die bekende radio-omroeper Darren Scott se kankerstryd nie iets van die verlede is nie. 

Sy beeldskone vrou, die voormalige Mev. Suid-Afrika, Sarah-Kate, het Channel24 se storie, wat die kankernuus bevestig, op haar Facebook-blad gedeel. Die ma van twee het ook geskryf : “… Darren is in die hospitaal opgeneem waar hy môre ’n ernstige operasie ondergaan. Ons sal die resultate van die biopsie vandag kry, wat die tipe operasie sal bepaal…”

Darren het op sy beurt ook die sosialemedia-platform gebruik om aanhangers vir hul boodskappe van bemoediging te bedank: “Ek het elke Facebook-boodskap gelees. Baie dankie!”

Hy het bygevoeg dat ’n bekwame span dokters die situasie hanteer en dat hy positief is dat hy sal herstel.

Darren en Sarah Kate het twee jong seuns: Mark (5) en Matthew (2). Die Scott-gesin was in 2012 gereeld in die nuus toe hul eersteling met kanker  gediagnoseer is.

FOTO: Facebook  Sarah-Kate Scott

FOTO: Facebook Sarah-Kate Scott

Bron: Channel24

Lees ook 

ZZZ

Lees HIER meer oor #StrongerTogether