sr1112cover10
Het jy gehoor?

‘Boom’ val in Lied van my hart

’n Nagemaakte boom wat deel was van die dekor het van bo uit die dak op die verhoog geval, ’n ander stuk dekor op die verhoog getref en ten aanskoue van die gehoor gebreek, het Soné Combrinck, uitvoerende vervaardiger van die produksie, gesê.

Dit het ná die eerste toneel gebeur en Nádine was aan die kant van die verhoog, gereed om vir haar volgende toneel op te stap. Niemand is beseer nie, maar die slag het Nádine laat skrik, het Carine Crystil, haar ma en agent, gesê. “Maar mense in die gehoor het waarskynlik meer asem opgehou het as dié agter die verhoog.”

Volgens Soné het hulle dadelik die gordyn laat sak, die tegniese probleem reggestel en ook seker gemaak daar’s nie enige ander tegniese probleme of gevare nie. Die onderbreking het sowat agt minute geduur. Vervaardiger Deon Opperman het uitgegaan om die gehoor te laat weet wat gebeur het en hulle gerus te stel.

Die sanger Steve Hofmeyr, wat saam met Nádine te sien is in Lied van my hart, het ná die voorval op Twitter geskryf:  “Ongeluk op openingsvertoning! Niemand beseer. Na 5 minute, en wonderlike gehoor, gaan ons voort. Mense lag hul dood da buite. Ek’s bly. J”

Lied van my hart
wys tot 13 Mei in die Staatsteater in Pretoria. Carine sê Nádine geniet die produksie baie en sê dis vir haar “ongelooflik” om saam met die res van die span te werk.

Volgens Soné is die produksiespan geweldig veiligheidbewus, “want ons stelle is baie tegnies. Al die akteurs word ook voor die tyd deeglik oor veiligheid ingelig. Ons is baie bly en dankbaar niemand het seergekry nie. Dis nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar dit was ’n frats-voorval. Ten spyte daarvan het ons steeds aan die einde ’n staande applous gekry.”

Lied van my hart - NádineLied van my hart

  • Helena Meyer

    Die foto van Nadine bo met haar hare heeltemal weg is beslis nie vleiend nie. Dit is kortweg lelik en van ‘n verkeerde kant geneem. Haal dit van die stelsel af, dis lelik.
    Daar is duisende mooi foto’s van haar beskikbaar. Gooi sommer daardie fotograaf ook weg en kry vir Bernard van Sewende Laan.

  • Karin

    @ Helena Meyer Dalk is die foto is van haar soos sy in Lied van my Hart verskyn.

  • Hyla

    Dit is dalk vir sommige mense nie die vleiendste foto van Nadine nie, maar wys tog ook n ander kant van haar. Ek het weer gedink dis n vreeslike mooi foto wat juis haar ‘menswees’ bloot le en wys dat daar meer aan n persoon is as make-up! Nadene, met of sonder make-up bly jy n pragtige mens en jou musiek is tops…. net die beste wense vir jou..

  • Dina janesn

    ek het Lied van my hart gaan kyk dis ongelooflik mooi en Steve en Nadine dankie vir julle mooi sang

  • Gerhard janse van Rensburg

    Nadine jy is tops en lyk vir my die sele met make-up en sonder die mense is net jaloers

  • saartjie

    Wat is Nadine se van?

  • saartjie

    Nadine het op elke foto grimering aan. Kyk na die wenkbroue dis ingekleur. Kyk na die wimpers wat ook bietjie "aangehelp" is, en sy lyk altyd pragtig.