sr0908skoonnoupenelope
Het jy gehoor?

Só het Penélope Cruz gewig verloor

Die 39-jarige Oscar-bekroonde aktrise het onlangs vir die tweede keer ma geword en net 5 maande ná haar dogtertjie Luna se geboorte, spog sy klaar weer met haar sexy lyf. Só het sy dit reg gekry…

Penélope het onlangs haar “dieetgeheim” verklap: Borsvoeding. Sy het aan Red Magazine erken dat sy nie regtig iets drasties gedoen het om van haar swangerskapsgewig ontslae te raak nie.

“Ek is eintlik baie bevoorreg om my kinders te kan borsvoed – sommige vrouens kan nie, al wil hulle. Ek het my seun, Leonardo, vir 13 maande lank geborsvoed en ek is van plan om dieselfde met Luna te doen. Borsvoeding is baie goed vir babas, maar ook vir ma’s – dit reguleer jou lyf ná swangerskap,” het Penélope gesê.

Wees die beste ma wat jy kán wees

Daarmee saam eet die Spaanse ster natuurlik ook baie gesond, maar ontneem haar nie van die lekker dinge in die lewe nie.

Dít is nie die tyd waarin jy bekommerd moet wees oor jou gewig nie, want jy en jou baba het belangrike voedingstowwe nodig. Klik HIER vir ’n eetplan vir nuwe ma’s.

HET JY GEWEET? ’n Swanger of borsvoedende vroue kort kort tot 1 500 mg kalsium p/d. Lees meer HIER.

Nóg sterre wat dié “geheim” gevolg het:

sr1206_diaan_11__630w.jpgDiaan (die Laan se Paula) het die volgende oor haar post-swangerskaplyf gesê: “Deur my swangerskap en borsvoeding het ek gesonde (maar baie!) kos geëet om seker te maak my baba kry wat sy nodig het. Ek wou deur my lyf vir Olivia net die beste probeer gee: iets uit alle voedselgroepe, vitamiene en probiotikum. Ek het geoefen en genoeg geslaap en vloeistowwe ingekry.”

 

 

 

 

sr0909bertha_other_310wBertha le Roux (Emma van 7de Laan) het ook haar 2 kinders geborsvoed om haar lyf ná haar swangerskappe te reguleer: “Ek het my kinders geborsvoed, maar ook baie water gedrink, asook die bessiesapmengsel vir borsvoedende ma’s. Ek het min oefening ingekry, maar om agter die kinders aan te hardloop het my omtrént laat ‘oefen’.”

 

 

 

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

 

Supermodel Gisele Bündchen en manlief, Tom Brady, het in Desember 2009 hul pragtige babaseuntjie, Benjamin, verwelkom. Die 30-jarige Gisele het aan Harper’s Bazaar UK vertel sy dink borsvoeding het haar gehelp om haar lyf te behou. “Ek dink daar behoort wêreldwyd ’n wet te wees dat ma’s hul babas moet borsvoed vir 6 maande,” het sy gesê.

 

 

 

Jessica SimpsonDanksy borsvoeding, intense sessies in die gimnasium en ’n persoonlike Weight Watchers-dieetplan het Jessica Simpson 18 kg ná die geboorte van haar eersteling verloor.

 

 

 

 

 

Ek dink enigeen wat aanstoot neem aan borsvoeding, staar te lank

David Allen, skrywer

Addisionele bron: The Sun Daily