2009_02_10_vogue_cover_michelle_obama
Het jy gehoor?

Botox vir Michelle Obama?

Die Amerikaanse presidentsvrou word môre (Vrydag) 50. In aanloop tot haar verjaardag het sy erken dat sy botox of plastiese chirurgie sal oorweeg om steeds jonk te lyk, skryf USA Today.

“Ek dink nie op die oomblik dat ek daardie pad sal loop nie, maar ek het ook al geleer jy sê nooit ‘nooit’ nie,” het sy in ’n onlangse onderhoud gesê. Sy het bygevoeg dat vroue die vryheid behoort te hê om enigiets te kan doen wat hulle nodig het om goed oor hulself te voel.

Cameron Diaz het botox probeer en nie daarvan gehou nie

Michelle, wat Suid-Afrika verlede jaar saam met haar man besoek het, het ’n atletiese figuur en sy is bekend vir haar gesonde leefstyl. Vroue begeer die Amerikaanse presidentsvrou se gespierde arms.

Sy is voorbereid op die groot 50 en het haar oefenprogram aangepas om nou minder kardio en oefening met gewigte te doen. Sy gaan voortaan eerder joga doen sodat sy soepel kan bly. Joga het ook ’n groot rol gespeel in Britney Spears se nuwe lyf.

Bron: USA Today