Bouwer Bosch en Leandie du Randt in sy nuwe musiekvideo
FOTO: verskaf

Bouwer Bosch en Leandie du Randt in sy nuwe musiekvideo FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Bouwer Bosch en Leandie du Randt in nuwe musiekvideo

Die sanger en akteur Bouwer Bosch vergelyk sy nuwe musiekvideo met ’n episode uit Grey’s Anatomy. Kyk dié video, met aktrise Leandie du Randt, eerste op SARIE.com

Die lied “Oorgeloop” gaan oor eerste liefde en dis effens hartseer, aangesien dit oor verlies ook gaan. Hy het die woorde in net 30 minute geskryf en die video in een dag geskiet.

Leandie skryf haar eie boek

Leandie in "Oorgeloop" se video FOTO: verskaf

Leandie in die video van “Oorgeloop”.
FOTO: verskaf

“Ek wou net ’n eerlike lied skryf wat jou na iemand laat verlang wat eens in jou lewe was,” sê hy. Vir die video wou hy egter hê kykers moet sien hoe dit is om iemand wat jy liefhet, te verloor. “Ek wou hê mense moet dankbaar wees vir almal in hul lewe en meer in die nóú begin leef.”

Bouwer en Leandie speel albei in die nuwe rolprent Mooirivier

Die span wat aan "Oorgeloop" gewerk het - dié video is in net een dag geskiet FOTO: verskaf

Die span wat aan “Oorgeloop” gewerk het. Dié video is in net een dag geskiet.
FOTO: verskaf

In die video speel Bouwer en Leandie, wie se ma verlede week oorlede is, ’n verliefde paartjie in Pretoria.

Kyk die video hiér