Het jy gehoor?

Bovim Ballet swing in Kaapstad

Dis die perfekte samekoms van Broadway en ballet – die jazzyritmes van die 1930’s saam met die tegniese uitdaging van puntskoene – en dís ‘n visuele fees, vermaak vir die hele gesin!

Bovim Ballet se SwingTime is by die Baxter-teater vanaf 7 tot 18 Oktober te sien. Nuwe glinster-uitrustings van Klûk en CGDT, nuwe musiek en ‘n paar ou gunstelinge is wat jy te wagte kan wees, want SwingTime is reeds in 2003 vir die eerste keer opgevoer. Treffers soos Miss Jones, Fever, Mr Bojangles en Mack the Knife word gesing deur Francois Lliam (Blue eyes to Buble, Jesus Chris Superstar, We Will Rock You), wat pas by die geselskap aangesluit het.

Dis ‘n nostalgiese reis terug na die dae van die Big Bands en Swing-klubs – met uitmuntende uitrustings, musiek en choreografie. Die vorige vertonings was ‘n reusesukses.

Jy moet dadelik jou kaartjies bespreek, want hulle verkoop soos soetkoek.

Hoe & waar?

Dinsdae tot Saterdae @ 8nm
Sondae @ 6nm

Kaartjies by Computicket of by die kaartjieskantoor (tel. 021 680 3993)
R120-R150
10% afslag vir studente, senior burgers (vertoon ‘n geldige ID) of groepe van 10 of meer.