Die Jolie-Pitt-kroos: Zahara, Knox, Maddox, Shiloh, Pax en Vivienne saam met Ma Angelina en Pa Brad

Het jy gehoor?

Brad en Angelina se Shiloh verjaar

“Shiloh is beslis enig in haar soort,” sê Angelina.

Sy dra haar broer Maddox se klere wat vir hom te klein raak, en wanneer daar kameras naby is, is sy eerste om ‘n snaakse gesig te trek.

“Shiloh het ‘n Montenegro-styl,” het Angelina in Vanity Fair vertel. “Dit is hoe die mense daar aantrek. Sy’s mal oor sweetpakbroeke. Sy hou daarvan om soos ‘n seuntjie aan te trek, sy wil ook een wees. Dit is hoekom ons haar hare moes sny. Sy dink sy’s een van haar broers,” vertel Angelina.

“Ek wil hê Shiloh moet doen wat sy in haar hart voel, en as dit is om so aan te trek, dink ek dit is regtig mooi,” se haar ma.

Kyk na ‘n reeks foto’s van Shiloh se oulikste oomblikke by www.usmagazine.com