FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Brad Pitt: “Angelina is dapper”

Brad Pitt het in ‘n onderhoud met die Evening Standard gesê hy bewonder Angie en talle ander vroue se besluit om ‘n voorkomende mastektomie te ondergaan. “Dit is absoluut heroïes.”

Al wat ek vir haar wil hê is ‘n lang, gesonde lewe saam met my en ons kinders

Die 37-jarige aktrise het Maandag 13 Mei, in die New York Times oor haar besluit geskryf. Daarin het sy vir Brad bedank dat hy deur die proses (wat drie maande geduur het) by haar gestaan het. “Ek is gelukkig om ‘n maat, Brad Pitt, te hê wat so liefdevol en ondersteunend is. Vir enigeen wat ‘n vrou of meisie het wat hierdeur gaan, weet julle is ‘n baie belangrike deel van die proses.”

‘n Bron het aan Mail Online gesê dat dié paartjie se troue in die nabye toekoms kan wees. Angelina het glo gesê sy wil “eerder vroeër as later” met Brad trou. 

Angelina en Brad het in April verlede jaar hul verlowing aangekondig nadat hulle al 7 jaar in ‘n verhouding was.

In November verlede jaar, voordat sy met haar mediese prosedures begin het, het Brad erken hulle is onder druk van hul ses kinders om te trou. Die 49-jarige akteur het gesê hulle gaan ‘n private troue hê – net familie en dit gaan baie eenvoudig wees.