FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Brad Pitt eet by Wimpy!

Die Hollywood-ster Brad Pitt het aanhangers in Engeland verras toe hy onlangs in die gewilde restaurant Wimpy kos gekoop het.

Wimpy, wat ook takke in Suid-Afrika het, in die Britse stad Essex was Dinsdag die bron van groot opwinding toe die 50-jarige verloofde van Angelina Jolie daar aangekom het.

Brad skiet op die oomblik in die Verenigde Koninkryk aan die opvolg van World War Z. Hy het ’n hamburger-met-kaas-gereg bestel, wat skyfies en koeldrank insluit, vir £6.35 (ongeveer R116,73). Brad het glo van dié restaurant-ketting se kos begin hou toe hy so ’n paar jaar gelede die eerste World War Z in Brittanje geskiet het.

’n Aanhanger het aan The Mirror gesê dat Brad beleefd en vriendelik teenoor die personeel was. Blykbaar wou hy ook oliebolle koop, maar hulle het dit nie in voorraad gehad nie. Hy gaan hopelik later die week weer opdaag om dié lekkerny te koop.

Hy het dieselfde aand ’n drankie in ’n plaaslike kroeg geniet – sonder groot ontwrigting.

Nou toe nou. Dié pa van ses (Maddox (12), Pax (9), Zahara (8), Shiloh (7) en die 5-jarige tweeling, Knox en Vivienne) is maar net soos die res van ons …

Maddox, Angelina en Brad  FOTO: Gallo Images / Getty Images

Maddox, Angelina en Brad
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Bronne: The Mirror en Hello!