460529840
Het jy gehoor?

Brad Pitt en 3 van sy kroos op die rooi tapyt, Angie siek

Die Jolie-Pitts was onlangs besig om Angelina se fliek Unbroken wêreldwyd te bemark, toe sy met waterpokkies gediagnoseer is. Só berig Eonline!

Met die gevolg dat Brad en drie van hul kinder Maddox, Pax en Shiloh gisteraand se première namens Angelina moes bywoon. Al drie was in netjiese snyerspakke voor die kameras, selfs Shiloh het pragtig gelyk!

En hoe gaan dit met ma Angie by die huis?
“Die gemoed is goed! Bietjie jeukerig, maar die gemoed is hoog!” het Brad vertel.

Angie was teleurgesteld toe sy verlede Vrydag aangekondig het dat sy geen van die opkomende Unbroken-premières sal kan bywoon nie. Sy het dit in ‘n amptelike verklaring op Universal Pictures se Facebook-blad gesê.

Lees die volledige artikel hier