FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Brad Pitt en Angelina Jolie se eerste huweliksherdenking

Die glanspaar Brad Pitt en Angelina Jolie vier later dié week hul eerste huweliksherdenking.

Hulle het met Hello! gesels oor hul spesiale dag: “Dit was belangrik vir ons dat die dag ontspanne is en dat daar baie gelag word … Dit was so ’n spesiale dag om met ons kinders te deel en ’n baie gelukkige tyd vir ons familie.”

brad en angelina

Brad verduidelik wat die huwelik vir hom beteken en so spesiaal maak: “Ek was ná die tyd verras oor die effek wat getroude lewe op ons gehad het – dit was meer as ’n seremonie, dit het ’n regte, diep verbintenis beteken. Ek voel regtig soos ’n getroude man.”

Oulike goed wat Angelina oor die jare oor Brad gesê het: 

  • “My Lief, jou ondersteuning en leiding maak alles wat ek doen moontlik.”
  • “Hy het my lewe uitgebrei in maniere wat ek my nooit kon voorstel nie. Saam het ons ’n familie gebou.”
  • “Die kinders bind ons, maar ’n verhouding sal nie hou as dit net oor die kinders gaan nie.”

Oulike goed wat Brad oor die jare oor Angelina gesê het: 

  • “Sy was nog altyd die brawe indiwidu op wie ek verlief geraak het.”
  • “Daar is geen geheime in ons huis nie. Ons sê vir die kinders ‘Ma en Pa gaan nou soen’.”
  • “Een van die beste, slimste goed wat ek ooit gedoen het was om vir my kinders Angie as hul ma te gee. Sy is ’n fantastiese ma en ek is so gelukkig om haar te hê.”

Brad en Angelina het op 23 Augustus 2014 in die geheim ewig trou aan mekaar beloof. Hulle het ses kinders.

Die Jolie-Pitt-kroos: Zahara, Knox, Maddox, Shiloh, Pax en Vivienne saam met Ma Angelina en Pa Brad

Die Jolie-Pitt-kroos: Zahara, Knox, Maddox, Shiloh, Pax en Vivienne saam met Ma Angelina en Pa Brad

Lees volledige artikel HIER.

Bron: Hello! en People

Lees ook