FOTO: David M. Benett/Getty Images

FOTO: David M. Benett/Getty Images

Het jy gehoor?

Brad Pitt en Angelina Jolie wou 12 kinders hê

Praat van kinders by dosyne… Die akteurspaar Brad Pitt en Angelina Jolie wou 12 kinders hê, berig The Telegraph

Hulle het ses pragtige kinders, Maddox (14), Pax (12), Zahara (10), Shiloh (9), en die 7-jarige tweeling Knox en Vivienne, maar wou in ’n stadium selfs ’n groter gesin hê.

Volgens Huffington Post  vertel Brad hoe lekker dit altyd vir hom was om te kuier by ‘n kollege-vriend wat een van sewe kinders was. Hy het toe van ’n groot familie van sy eie gedroom.

Brad en Angelina is saam te sien in die nuwe rolprent By the Sea, waarin hulle die rol van ’n getroude paartjie met huweliksprobleme vertolk. Dit is vir hulle lekker om saam kreatief te wees.

Kyk hier na die By the Sea-lokprent

Bronne: Huffington Post en The Telegraph

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!