FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Brad Pitt sê nee vir seep

Eers het Tommy Hilfiger gesê hy was nie sy jeans nie, nou gebruik Brad Pitt blykbaar nie meer seep nie …

Blykbaar het Brad Pitt seep afgesweer. Die rede? Hy het gelees hoeveel toksiene daar in seep is en hoe sleg dit vir die planeet én vir die mens se verouderingsproses is.

Foto: Gallo Images/ Getty

Foto: Gallo Images/ Getty

 

Nou was hy homself blykbaar met ’n mengsel van suurlemoensap, water en appelsider. En volgens die skinderblad National Enquirer is Angelina en die kinders glad nie gelukkig met sy nuwe reuk nie!

Dit is nie die eerste keer dat Brad se natuurlike reuk gekritiseer word nie. Sy voormalige lyfwag het in die verlede gesê hy dra nie reukweerder nie en dat hy sy onderarmhare “soos ’n vrou” skeer om die reuk te verminder.

 

 

Bron: New York Magazine