FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Brad Pitt sny sy hare

Brad Pitt het die afgelope tyd sy blonde hare skouerlengte gedra. Nou het hy dit gesny en dit herinner ons aan ‘n veel jonger Brad soos wat hy gelyk het in die 1994-film, Legends of the Fall.

‘n Foto van Brad op die stel van sy nuwe film Fury wys Brad se Simson-lokke is weg! Brad het sedert 2011 sy hare laat groei. Voordat hy die haarkapper besoek het, het hy gereeld sy hare netjies agteroor in ‘n poniestert vasgemaak.

Brad Pitt

Brad se nuwe haarstyl is steeds lank, maar teen die kante is dit korter geskeer. Dít herinner ons aan sy voorkoms in die romantiese fliek Legends of the Fall. Klik hier om te sien hoe hy nou lyk.

Legends of the Fall

FOTO: Brad Pitt in Legends of the Fall, TriStar Pictures

Brad Pitt VERKIES JY BRAD MET KORT OF LANG HARE?

‘n Oscar vir Angie én Brad

Angelina gaan by die volgende Oscar-geleentheid vereer word met ‘n Governors Award. Dié prys word jaarliks toegeken aan mense wat ‘n groot bydrae tot die filmbedryf gelewer het. Angelina, wat in 1999 ‘n Oscar gewen het vir haar rol in Girl, Interrupted, is die jongste van die ontvangers, wat Angela Lansbury (Murder, She Wrote), Steve Martin (Bowfinger) en die Italiaanse kostuum-ontwerper Piero Tosi insluit.

‘n Oscar bly egter vir Brad ontwyk. Hy is al vier keer benoem, maar het nog nie met die beeldjie weggestap nie. Nou lyk dit tog of hy én Angie in Februarie volgende jaar met ‘n goue beeldjie huis toe kan gaan. Kenners meen Brad kan ‘n Oscar ontvang vir 12 Years A Slave, waarvan hy ook ‘n vervaardiger is.

HIERONDER is die lokprent van 12 Years A Slave