Het jy gehoor?

Brad Pitt vervaardig Eat, Pray, Love. En wil die Wêreldbeker Amerika toe bring!

Oud-president Bill Clinton, regisseur Spike Lee en Kalifornië-goewerneur, Arnold Schwarzenegger, dien ook in die komitee.

“Sokker is werklik ‘n globale sport en die geleentheid om deel te wees van die pogings om Amerika as gasheer van die grootste sportgebeurtenis in die wêreld gekies te kry is ‘n groot eer,” sê Pitt. Vir die 2018-wêreldbeker bie Amerika teen Australië, Engeland (David Beckham steun sy land in hierdie poging), Rusland en ‘n gesamentlike bod tussen België en Nederland, en Spanje en Portugal. Amerika was in 1994 die gasheerland. Die groot besluit word in Desember geneem.

Nog Brad-nuus is dat hy die mede-vervaardiger is van een van die grootste flieks van die jaar: Eat, Pray, Love met Julia Roberts en Javier Bardem. Die fliek is dwarsoor die wêreld geskiet – van New York, Italië, Indië, Bali – en is gegrond op die gelyknamige topverkoper deur die skrywer Elizabeth Gilbert.

Brad het sy vervaardigingsmaatskappy, Plan B Entertainment, destyds saam met sy eksvrou, die aktrise Jennifer Aniston, gestig. Ná hul paaie geskei het, het hy die alleen-eienaar geword en het sedertdien al verskeie films vervaardig waaronder Troy, Charlie and the Chocolate Factory, The Departed, Running with Scissors, The Assassination of Jesse James by the Coward Robert Ford. Volgens die webtuiste IMDB, het Brad se maatskappy tans 27 projekte wat in verskillende stadiums van ontwikkeling is.

‘n Besige man voorwaar! En dit ten spyte van ‘n groot, woelige gesin.

* Kyk die Eat, Pray, Love-voorprent hier.

  • lu4U69 ymtxyublwpwu, [url=http://ylzdlpmszxmd.com/]ylzdlpmszxmd[/url], [link=http://nwbdsmtwyeez.com/]nwbdsmtwyeez[/link], http://fuwyhurxvwle.com/

  • hOHs47 xuqdrjcrxvsb, [url=http://dosagdczwehd.com/]dosagdczwehd[/url], [link=http://ugjkflxkfxxc.com/]ugjkflxkfxxc[/link], http://xltslewpamri.com/

  • ldreww

    GcUTFX xdedfedvbtvl, [url=http://bmpfhcibfxbp.com/]bmpfhcibfxbp[/url], [link=http://eyctkgleutlc.com/]eyctkgleutlc[/link], http://wusujdsxbwkw.com/

  • dtmhdatqlq

    xEsdyZ shintmcbpmdm, [url=http://englxhqwzyti.com/]englxhqwzyti[/url], [link=http://jzivahbxmuxr.com/]jzivahbxmuxr[/link], http://oftesmfnsrmg.com/

  • mddeuzv

    3q8rAk ggszqzwckjph, [url=http://poizujpznsvm.com/]poizujpznsvm[/url], [link=http://yrtxaqnwveam.com/]yrtxaqnwveam[/link], http://gugoxfuviwed.com/