Bradley Cooper
Het jy gehoor?

Bradley Cooper se eksmeisie trou stil-stil

Met al die opwinding oor die koninklike baba en Hollywood-akteurs se verhoudingsprobleme en skandes het dié eksmeisie van Bradley Cooper haar kans om so stil moontlik te trou, aangegryp…

Die aktrise Zoe Saldana (Avatar) is reeds in Junie met die kunstenaar Marco Perego getroud tydens ‘n klein private seremonie. Dis al byna 3 maande gelede en nét 6 maande nadat Zoe en Bradley uitmekaar is!

Meneer en mevrou Perego was al met wittebrood en terug én het klaar al hulle geskenke oopgemaak. En ons vind nóú eers daarvan uit! Marco Perego is ‘n Italiaanse kunstenaar en lyk, met sy lang, blonde hare en donker baard, soos ‘n karakter uit die Kinderbybel. Hy is eintlik ‘n voormalige sokkerspeler.

Bradley Cooper het die sexyste hare

Bradley en Zoe het vir baie lank aan-en-af uitgegaan, maar het in Januarie besluit om hul verhouding finaal te beëindig. Nie lank daarna nie het Zoe en Marco begin uitgaan.

Waarom so haastig? Die 35-jarige Zoe het in ‘n onderhoud met The Stir erken dat sy nie meer lank wil wag voordat sy kinders kry. En dit is glo bekend dat Bradley nie haastig is om pa te word nie.

Zoe SaldanaBron: The Stir