Het jy gehoor?

Bradley Cooper: Sexyste man op aarde

Met sy blou oë en smeulende glimlag is hy vir seker die titel werd! Hy is ook ’n goeie kok, geniet motorfiets ry en praat vlot Frans … Hy is sowaar ’n man onder die manne, en tog noem hy homself ’n 36-jarige enkelloper.

Bradley is ook baie na aan sy ma, en met die aanhoor dat hy gewen het, het hy aan people.com gesê: “My ma gaan so bly wees.”

Hy het finaliste soos Ryan Gosling van The Notebook, en Jennifer Aniston se kêrel, Justin Theroux, geklop.

Vorige wenners van dié jaarlikse titel is manne soos Johnny Depp, Brad Pitt en George Clooney.

[box:full:grey:both]

Klik vir ’n video van sy voorbladsessie met People en sy reaksie daarop om die sexyste man op aarde te wees.

[/box]

  • Ina

    Hy is inderdaad ‘n pragtige man, maar nou wonder ek, sulke mooi mans is gewoonlik gay. Is hy?

  • Rita

    Ag nee regtig ! Mooi ? Hulle was duidelik nog nie hier in Suid Afrika nie…

  • Tania

    Defnitief! Hy kan maar sy skoene ENIGE dag onder my bed los! LOL

  • Lydia

    moet eers test drive voordat ek kan antwoord!

  • Jan

    Rita, ek stem saam.

    Ek het dan nog nie eers my foto ingestuur nie…

  • Marie Smit

    Ryan Reynolds bly die mooiste man op aarde!

  • Ice

    Ek stem! Maar ek dink sy karakters wat hy vertolk help met die "sexy"maak…sulke rebelse stout seuns…Maar moenie Josh Lucas van Sweet Home Alabama agter los nie!

  • Quentin Jordaan

    Netso Rita! Ma ek is verseker nie skeef nie. Dink hulle kan hier in die suidelike halfrond kom kersopsteek