Bradley Cooper

Bradley Cooper

Het jy gehoor?

Bradley Cooper wéér enkellopend!

Die verhouding van die American Sniper-akteur Bradley Cooper en die model Suki Waterhouse is ná twee jaar verby, berig E! Online

Dit is nie duidelik of die verbrokkeling permanent is nie.

FOTO: Twitter @sukiwaterhouse

FOTO: Twitter @sukiwaterhouse

Suki en Bradley, wat benoem was vir sy werk in American Sniper, is verlede maand nog saam by die Oscars te sien. People berig egter dat die paartjie volgens ‘n bron reeds voor dié glansgeleentheid hul verhouding beëindig het, maar steeds vriende is.

Die twee is in Maart 2013 vir die eerste keer saam afgeneem. Hul rooitapyt-debuut was nege maande daarna, by die New York-première van American Hustle in Desember 2013.

In ’n onderhoud met Elle UK het Suki destyds oor Bradley gesê: “Ek hou nie daarvan om oor my kêrel te praat nie, want dit is vervelig. Of dit is wat ek besluit het ek gaan sê indien jy my vra. Wat ek ook al oor ons verhouding gaan sê, gaan snaaks klink. Die waarheid is, as ek oor hom begin praat, gaan ek nie ophou nie.”

Bronne: E! OnlinePeople en Elle UK

Lees ook:

Hilary Duff skei ná 3 jaar – dís die rede

Susan Sarandon en haar katelknaap se paadjies skei

Graeme Smith en Morgan Deane skei