Brandon October
FOTO: BrandonOctober.com

Brandon October FOTO: BrandonOctober.com

Het jy gehoor?

Brandon October oor sy duet-planne met Steve Hofmeyr

Brandon October, wat in 2002 tweede gekom het in die eerste Suid-Afrikaanse seisoen van Idols, beplan ’n duet saam met Steve Hofmeyr. Brandon vertel aan SARIE.com waarom dít ’n droom vir hom is …

Lank reeds wil Brandon saam met een van sy rolmodelle Steve Hofmeyr werk. En dit mag nou dalk vroeër eerder as later gebeur.

“Ek wil nou nie sê dat Steve ’n ou ballie is nie, maar ek het hom soos die res van Suid-Afrika leer ken as daai cool rebel, Bruce Beyers, in Agter elke man,” vertel Brandon oor Steve, wat hy as een van sy mentors beskryf. “Hy besit al die eienskappe wat ek respekteer: charisma, nederigheid, toegewydheid, uithouvermoë en hy weet hoe om mense keer op keer te vermaak.”

Brandon het onlangs op Twitter vir Steve gevra of hy ’n duet wil opneen, en Steve het ingestem.

Agter-die-skerms by Steve en Janine se voorbladsessie

“Hy het reeds ingestem,” sê Brandon, “so nou moet ons net oor die wat, hoe en wanneer besluit.” Brandon klink baie opgewonde hieroor, maar vertel dat ons geduldig sal moet wag om te hoor wat dié twee in die mou voer.

Steve en sy seun Armand neem ’n duet op

“Daar is ’n paar kunstenaars wat ’n groot invloed op my kinderjare gehad het en baie van my mooiste herinneringe is aan hulle musiek geheg. Steve is een van hulle.”

Brandon is tans besig met ’n nuwe album én is ’n aanbieder by kykNET se nuwe musiekprogram, JAM. “Die lekkerste deel daarvan is dat ek ’n totale ander hoed dra en dit gee my ook die geleentheid om kunstenaars vrae te vra wat nooit gevra word nie.”

Hy geniet die TV-werk baie en sien dit as ’n nuwe uitdaging wat hom help groei. “Ek hou daarvan om iets aan te pak wat my uit my gemaksone haal. Dis baie belangrik vir my dat ek nie stagneer nie.”

Brandon vertel oor sy oupa se stryd met Alzheimer-siekte en wat hy nou daaraan doen