FOTO: David M. Benett/Getty Images

FOTO: David M. Benett/Getty Images

Het jy gehoor?

Brangelina binnekort weer saam in nuwe fliek

Brad Pitt en Angelina Jolie sal voor 2015 verby is weer saam te sien wees in ’n nuwe fliek. By the Sea word volgens Elle.com op 15 November 2015 vrygestel.

Dié supergewilde paartjie het op die stel van hul eerste gesamentlike fliek, Mr. & Mrs. Smith, verlief geraak. Brad was in daardie stadium nog getroud met Jennifer Aniston, en ’n omstrede egskeiding het gevolg.

By the Sea speel af Frankryk in die 70’s en gaan oor ’n kreatiewe paartjie wat besig is om van mekaar vervreemd te raak. Angelina speel die rol van Vanessa, ’n danser, en Brad speel ’n Amerikaanse skrywer, Roland. Wanneer hulle in ’n interessante kusdorpie met eksentrieke inwoners aankom, raak hulle weer van voor af op mekaar verlief.

Die fliek is tydens Brangelina se wittebrood op ’n private eiland in Malta geskiet. Nie net speel die egpaar die hoofrolle nie, maar Angelina het ook die draaiboek geskryf en sy is die regisseur én vervaardiger van die rolprent.

Hulle is op 23 Augustus 2014 tydens ’n private seremonie getroud en het ses kinders, Zahara, Maddox, Pax, Shiloh, Knox en Vivienne.

Lees ook: