Brad Pitt en Angelina Jolie FOTO Bryan Crowe / ©A.M.P.A.S

Brad Pitt en Angelina Jolie FOTO Bryan Crowe / ©A.M.P.A.S

Het jy gehoor?

Brad word vir kindermishandeling ondersoek

Brangelina is steeds op almal se lippe. Toe nuus oor die egskeiding gebreek het, het dit soos ’n veldbrand op sosiale media versprei. Op Twitter was dit die onderwerp van 77,4% van alle opmerkings, op Facebook het 2,52% oor Brangelina gepraat. Dit was een van die mees gebruikte hutsmerke op sosiale media, berig Adweek.

Die nuutste gerug is dat Angelina Jolie vir Brad Pitt gelos het ter wille van haar kinders se veiligheid. En nou word ’n klagte teen Brad ondersoek, een van verbale en fisieke mishandeling van een van die paar se kinders, berig People.

Die voorval het glo op ’n private vliegtuig plaasgevind terwyl Brad na bewering onder die invloed van drank was. Angelina was ook op hierdie vliegtuig. En nou ondersoek Los Angeles polisie en die departement van kinders- en gesinsdienste hierdie insident. Dis nog onbekende watter van hul ses kinders was die beweerde ‘slagoffer’ Lees die volledige storie hier.

Terwyl die vuil wasgoed in die openbaar gewas word, is daar ook gerugte van buite-egtelike verhoudings, dwelms en prostitute.

Die afgelope week is ’n paar bekende name by die Brangelina-sage betrek, onder andere Jennifer Anistion, Marion Cotillard en Selena Gomez.

Van die bewerings is dat Brad vir die Franse aktrise Marion ogies gemaak het op die stel van hul spioenasiedrama Allied.

Maar Marion het dié gerug op sosiale media ontken. En in dieselfde asem verklap dat sy swanger is met haar en haar kêrel, Guillaume Canet, se tweede kind.

This is going to be my first and only reaction to the whirlwind news that broke 24 hours ago and that I was swept up into. I am not used to commenting on things like this nor taking them seriously but as this situation is spiraling and affecting people I love, I have to speak up. Firstly, many years ago, I met the man of my life, father of our son and of the baby we are expecting. He is my love, my best friend, the only one that I need. Secondly to those who have indicated that I am devastated, I am very well thank you. This crafted conversation isn’t distressing. And to all the media and the haters who are quick to pass judgment, I sincerely wish you a swift recovery. Finally, I do very much wish that Angelina and Brad, both whom I deeply respect, will find peace in this very tumultuous moment. With all my love Marion Ceci sera la première et seule réaction que j’aurai concernant la déferlante inouïe qui à commencé il y a de ça 24 heures et à laquelle je suis mêlée malgré moi. Je n’ai pas pour habitude de commenter ni de prendre au sérieux le tas d’absurdités déversées à mon sujet mais la situation prenant une telle tournure et affectant des gens que j’aime, je me dois de m’exprimer. Pour commencer, j’ai rencontré il y a quelques années l’homme de ma vie , le père de notre fils et du bébé que nous attendons aujourd’hui. Il est mon amour, mon meilleur ami et le seul homme dont j’ai besoin. Ensuite, à ceux qui me prétendent dévastée, je vais très bien merci. Ce genre d’inventions aberrantes ne m’affecte en aucun cas. Et pour finir, à la “presse”, à tous les haters, trolls et consorts qui ont le jugement si rapide je vous souhaite sincèrement… un prompt rétablissement. Ceci dit et un peu plus sérieusement, je souhaite à Angelina et Brad, deux personnes pour qui j’ai un profond respect, de trouver la paix dans ce moment tumultueux. Avec tout mon amour. Marion

A photo posted by @marioncotillard on

Dié Oscar-wenner is al sedert 2007 in ’n verhouding met die Franse akteur en regisseur, Guillaume. Hul eerste seun, Marcel, is in 2011 gebore.

Maar mense kan nie help om die ooreenkomste tussen Allied en Mr. and Mrs. Smith te sien nie, veral oor die twee hoofkarakters in albei flieks spioene sowel as geliefdes is.

Kyk die lokprent van Allied hier:

mr-and-mrs-smith-2005.11281

Dis nie die eerste Brad Pitt-verhouding waaroor die wêreld treur nie. Brad was immers voor Angelina vir vyf jaar getroud met Jennifer Aniston, tussen 2000 en 2005. Angelina en Brad het mekaar ontmoet op die stel van Mr. and Mrs. Smith, wat in 2005 uitgereik is.

Maar ná Angie en Brad saam in die aksierolprent verskyn het, het Brad en Jen se paadjies geskei. Natuurlik is twee en twee vinnig bymekaargetel.

Voordat Brad en Jennifer saam was, het hy van 1994 tot 1997 ’n verhouding met Gwyneth Paltrow gehad. Dié twee het mekaar op die stel van David Fincher se rolprent Seven ontmoet.

Hy het ook in die 1980’s en 1990’s verhoudings gehad met medespelers soos Robin Givens, Jill Schoelen en Juliette Lewis. Maar dis nie net Marion wat by die vuil wasgoed betrek word nie.

Die Amerikaanse sanger Selena Gomez se naam word nou ook genoem nadat ’n foto verskyn het van haar en Brad wat met mekaar gesels, berig The Telegraph. Selena neem op die oomblik ’n ruskans van haar loopbaan weens die siekte lupus – lees meer hier.

Selfs Madame Tussauds moes afskeid neem van Brangelina. Hul onderskeie wasfigure is reeds van mekaar geskei, berig The Independent. Die Twilight-akteur Robert Pattinson staan nou tussen die voormalige paartjie.

Angie en Brad in gelukkiger tye

Lees nou

Een Protea getroud en ander verloof!

Marion Cotillard sê: “Dis nie my skuld nie”

Brangelina: Die internet wemel van Jennifer-memes