mathys_staande
Het jy gehoor?

Brawe Mathys Roets verken wêreld in rolstoel

#64 Niemand het nog ooit die Nobelprys gewen deur langs gebaande weë te hou nie; dink en leef stroomop.

Mathys sê: Reëls is in die algemeen daar as ’n gids om mense op die beter pad te hou, maar dit beteken nie jy moet jou lewe so rigied leef nie. Laat jouself toe om dinge te doen en te ervaar en self jou pad uit te kap. Gee jouself die kans terwyl jy kan.

Ek was nou die dag op die rand van die Visrivier-canyon. Ek het daar met die rolstoel op en af gerol en dit was ongelooflik bevredigend om te weet ek hét daar gestap en geklouter toe ek nog kon, voordat ek in ’n rolstoel was.

Moet jouself nooit in ’n posisie plaas nie dat jy later moet sê: Ek wens ek het die vorige keer dit of dat gedoen. Vandat ek in ’n rolstoel is, is ek ook vasberade om juis die dinge te doen wat ander dink jy nié kan doen as jy verlam is nie.

Ek en ’n paar ander ouens in rolstoele het al ’n hele paar 21 km-wedlope afgelê en ons beplan nou die grootste rolstol-veldren in die wêreld. Ons wil ’n grondpad van Windhoek tot in Walvisbaai in ons rolstoele aandurf. Dis so net oor die 300 km. Ek wil daarmee vir ander wys: Jy dink dalk dis onmoontlik, maar dis haalbaar. Vrees kan jou keer om onverkende paaie te ontdek – letterlik én simbolies – en so mis jy ongelooflik baie in die lewe.

Eksklusief! Mathys gaan oor die Desembervakansie in Kanada konsert hou en ski. Hy gaan sy vakansiefoto’s eksklusief op sarie.com deel.

  • Jaco van Niekerk

    Ek is 24 en n parapleeg.Het die jaar vir die SA basketbal span in die paralympics in London gespeel en sal graag meer inligting wil he oor die toer wat Mathys deur Namibia wil doen die 300 km een – stel belang maar sal meer inligting wil he.Kan jul dit asb vir my deurstuur met alle voorwaardes kostes en reelings

    Dankie
    Jaco 0825128978