580_breakingdawn_bellaedward
Het jy gehoor?

‘Breaking Dawn’-lokprent uiteindelik hier!

In die lokprent van Breaking Dawn Deel 1, sien Twilight-liefhebbers die heldin, Bella (Kristen Stewart), waar sy swanger is, berig people.com.

Dit is nie ’n gewone swangerskap nie, en die komplikasies wat daarmee saamgaan bewys dat die kleinding nie heeltemal “mens” is nie.

Wanneer Bella dit nie meer kan uithou nie, vertel Edward (Robert Pattinson) en sy pa, Carlisle (Peter Facinelle), vir haar dat die baba, wat half-vampier is, te sterk is vir haar liggaam. “Hy vernietig jou van binne af,” sê Edward vir haar.

Sal Bella die swangerskap oorleef, of sal die baba dalk die einde van haar en Edward se verhouding beteken? Ons sal uitvind wanneer Breaking Dawn op 18 November in teaters begin draai.

  • Ilse Wium

    Kan nie wag nie

  • Sunelle

    voel presies dieselfde! KAN nie wag nie
    :)

  • Ronell Crouse

    Ek kan nie wag nie…. Ek het al 4 boeke al 7 keer gelees. Die DVD’s maklik al 50 keer gesien(ernstig indien nie meer nie. Ek kyl al 3 DVD’s maklik 1 keer per maand. Dan is dit my dag…. Soms sommer elke 2de naweek!!!!! Jacob "you rock"

  • Bianca

    OOOOOOH ek’s so opgewonde ek kan nie wag nie – GO EDWARD!!!! Ronell ek het ook al 4 boeke en 3 movies en kyk en lees sodra ek tydjie kry!!! Whooo hooooo!

  • Nicolette

    Ek tel al die dae verby

  • ANNELIZE MMOSTERT

    BOY, EK WENS EK WAS BELLA. EDWARD WORD NET AL HOE MEER YUMMMMMY.