FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Brie Larson: 10 dinge wat jy moet weet

Al ooit van Brie Larson gehoor? Sy is die 26-jarige aktrise wat op die oomblik die harte in Hollywood steel. Haar roerende spel in Room, wat gaan oor ’n jong ma wat saam met haar 5-jarige seun in ’n kamer aangehou word, het al vir talle toekennings gesorg. Nou is sy die gunsteling om vanjaar se Oscar vir Beste Aktrise te wen.

Hier is 10 dinge wat jy moet weet:

1. Brie Larson is haar verhoognaam. Haar regte naam is Brianne Sidonie Desaulniers. Probeer gerus om daai mondvol vyf keer ná mekaar sê!

2. Haar moedertaal is Frans, want haar pa kom uit ‘n Franssprekende deel van Kanada.

3. Sy is ook ’n sangeres. Haar debuut-album, Finally Out of P.E., is in 2005 uitgereik.

4. Sy is ’n selferkende rolprentslaaf en gek na flieks. Toe sy 8 jaar oud was, was haar gunsteling-fliek Gone with the Wind (1939).

5. Haar kêrel is Alex Greenwald, hoofsanger van die rockgroep Phantom Planet.

6. Sy verpes die kollig. En is uiters privaat oor haar persoonlike lewe.

7. Een van haar goeie vriendinne is die komediant Amy Schumer. Brie het saam met Amy in haar film Trainwreck (2015) gespeel. Haar ander goeie vriendin is die aktrise Shailene Woodley.

8. As sy gespanne is, bou sy legkaarte.

9. Water en seep is haar skoonheidsgeheim. Sy verkies ook om geen grimering te dra nie.

10. Sy is fanaties oor Star Wars. En het Jacob Tremblay, haar 9-jarige medespeler in Room, op sy gemak gesit deur oor Star Wars te praat.

Brie Larson en Jacob Tremblay FOTO: Instagram

Brie Larson en Jacob Tremblay FOTO: Instagram

Bronne: Wikipedia, Huffington Post, Vanity Fair

Kyk Room se lokprent hier:

 Lees nou