large_header_image_small
Het jy gehoor?

Bring 2 geliefdes huis toe vir Kersfees!

KuduClub, in samewerking met die ATKV, Jukebox, kykNET, OFM en Rapport, bied vir ‘n Suid-Afrikaanse gesin ‘n wonderlike Kersgeskenk – die geleentheid om 2 geliefdes in die buiteland huis toe te bring vir Kersfees.

Met die besef dat die feestyd nie altyd so feestelik is vir Suid-Afrikaners wat in die uithoeke van die aarde woon en huis toe verlang nie, het KuduClub – die aanlynportaal waar jy teen betaling na die beste Suid-Afrikaanse vermaak en sepies kan kyk – die antwoord met hul Tuis vir Kersfees-veldtog.

Een gelukkige persoon en sy/haar metgesel het die kans om twee retoerkaartjies na Suid-Afrika te wen. Die KuduClub-span sal die wenner en metgesel gaan haal waar hulle hul ook al bevind en terugbring huis toe.

Op 22 Desember 2009 sal hulle op die vliegtuig wees op pad Suid-Afrika toe. ‘n Wit Kersfees is sekerlik ‘n belewenis, maar daar is niks soos Kersfees in sonnige Suid-Afrika met al die familie saam om een tafel nie.

Hoe neem jy deel?

SMS* die woord KERSFEES en jou naam na 34585. Of besoek KuduClub se webtuiste om aanlyn in te skryf.

 *’n Tarief van R2 per SMS geld. Gratis SMS’e geld nie.

 

Inskrywings sluit om 12:00 op 25 November 2009,waarna die publiek kan stem vir die wenner. Die wenner, wat op 6 Desember tydens die regstreekse uitsending van Jukebox op kykNET aangekondig sal word, moet beskikbaar wees om op 22 Desember na Suid-Afrika te reis. Vir meer inligting, asook terme en voorwaardes, besoek KuduClub se webtuiste.

Hou ook sarie.com vanaf 14 Desember dop vir nuus, foto’s en gebeure soos dit ontvou.

  • http://www.sarie.com jeanette norris

    hi dit is die beste kompetiesie,ek het n dogter en ha man wat in u k bly,en dit ga te duur wees vir hulle om desember te kom kuier,en dit is so hartseer vir my want ons het so n fantestiese jaar wat voorle,ha enigste tannie wat nog lewe word 90jr en ha ouma word 80jr,en ek ha ma word 60jr,en sy my dogter word 30jr,en ha broer se 15jr huweliks herdengking is ook,so ons vier al die groot getalle,en dit sal my hart so bly maak as hulle desember dit saam met ons kan geniet,sy is ook my jongste van 3 kinders,en my baba,en is n baie gehegte familie en baie lief vir ha en ha man,baie dankie vir so n bedagsame kompetiesie.