FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Britney Spears fokus op gesin ná verhouding sleg eindig

Die 32-jarige sangeres Britney Spears het onlangs met haar kêrel van 17 maande uitgemaak. En dit lyk asof sy haar na haar gesin wend vir troos.

Britney het onlangs met David Lucado uitgemaak. Hulle was vir langer as ’n jaar ’n paartjie.

Sy het Sondag tydens ’n vertoning aan die gehoor gesê: “Teen die tyd weet almal al my kêrel het my verneuk. Maar die beste deel van uitmaak is om weer op afsprake te gaan.”

Britney en David se verhouding is verby ná daar ’n video te voorskyn gekom het van David wat ’n ander vrou soen.

Britney het dié foto op haar Instagram-blad gedeel. Sy kuier saam met haar suster, Jamie Lynn, en hul kinders – Britney se twee seuns, Sean (9) en Jayden (7), en Jamie se dogter, Maddie (6).

FOTO: Instagram  @britneyspears

Britney hou vir Jayden vas en Sean trek ‘n snaakse gesig vir die kamera. In die middel is Maddie wat al hoe meer soos haar ma, Jamie Lynn, lyk FOTO: Instagram @britneyspears

Britney se liefdeslewe