Het jy gehoor?

Britney se seuns skaam hul vir haar + ander nuus oor die sterre se kinders

Britney Spears se seuns, Jayden (6) en Sean Preston (7), het nou die ouderdom bereik waar Ma hulle nie meer mag soen voor hul maatjies nie – al is hul ma ‘n internasionale popster. “Hulle begin nou agterkom wat cool is en wat is nie,” het Britney aan Ryan Seacrest op sy radioprogram gesê.

Britney het die liedjie “Ooh La La” vrygestel vir die tweede The Smurfs-rolprent. (Luister dit hier.) “Die hoofrede dat ek die liedjie opgeneem het, is my seuns. Hulle is mal oor The Smurfs. Ons het  die eerste fliek seker al ‘n miljoen keer gesien.” Jayden en Sean Preston speel ook in die musiekvideo van dié liedjie, maar dít is nog nie vrygestel nie. Volgens Britney is hulle baie natuurlik voor die kamera. Dalk twee toekomstige sterre?

Reese Witherspoon

Ryan Phillippe en Reese Witherspoon se kinders gaan nie die pad van hul akteur-ouers volg nie – nie as Ryan iets daaroor te sê het nie. Hy het aan E! Online gesê hy sal graag wil hê sy kinders, Ava (13) en Deacon (9) saam met Reese, en Kai (2) saam met Alexis Knapp, moet iets “belangriker” met hul lewe doen. “As ek die opvoeding gehad het wat my kinders het, sou ek ook dalk ‘n ander rigting gekies het.”

Ben Affleck en Jennifer Garner

Die Oscar-bekroonde akteur en regisseur Ben Affleck het gesê sy drie kinders saam met sy vrou, Jennifer Garner,is nou genoeg! Die akteurpaar het in 2005 getrou en is die ouers van Violet (7), Seraphina (4) en Samuel (15 maande). Op die vraag of hulle ‘n vierde kind by hul gesin gaan voeg, het Ben geantwoord:

Dit gaan nie gebeur nie. Ons is op ‘n goeie plek. Drie is goed, dit is genoeg!

Maar Ben bly mal oor sy kinders. “Om kinders groot te maak is die beste ding wat ‘n mens in jou lewe kan doen. Dit is regtig die heel beste deel van my lewe,” het hy aan US Magazine gesê.