FOTO: Instagram  @britneyspears

FOTO: Instagram @britneyspears

Het jy gehoor?

Britney Spears se nuwe kêrel

Het Britney Spears dié keer ware liefde gevind?

Dit lyk net nie of die 32-jarige Britney die regte man kan kry nie. Haar verhouding van 18 maande met David Lucado het onlangs geëindig, maar nou het Britney aan Extra gesê sy sien weer “iemand baie spesiaal”.

En sy het op haar Instagram-blad bevestig dat dié “iemand spesiaal” die regisseur en vervaardiger Charlie Ebersol is.

Sy het dié foto gedeel met ’n hartjie in die onderskrif.

FOTO: Instagram  @britneyspears

FOTO: Instagram @britneyspears

Charlie het ’n oog vir ’n mooi meisie en het voorheen met die tennisspeler Maria Sharapova en die One Tree Hill-aktrise Sophia Bush uitgegaan.

Britney se verhouding met David Luado het sleg geëindig. Sy het tydens ’n vertoning in September aan die gehoor gesê: “Teen die tyd weet almal al my kêrel het my verneuk. Maar die beste deel van uitmaak is om weer op afsprake te gaan.” Daar het glo ’n video te voorskyn gekom waarop David ’n ander vrou soen.

Voor David het Britney ’n string ander verhoudings gehad. Sy was verloof aan haar agent Jason Trawick en getroud aan Kevin Federline by wie sy haar twee seuns, Preston en Jayden, het. Sy het ook in Las Vegas met haar hoërskoolvriend Jason Alexander getrou, en het glo ook met Colin Farrell, Jared Leto en Fred Durst van die groep Limp Bizkit uitgegaan. Britney en Justin Timberlake was aan die begin van hul loopbane ook ’n paartjie.

Britney saam met haar voormalige kêrel David en haar seuns FOTO: Instagram @britneyspears

Britney saam met haar voormalige kêrel David en haar seuns
FOTO: Instagram @britneyspears

Is Charlie Britney se kans op ware liefde?

Bronne: Zimbio en Extra

Lees ook