britney spears
Het jy gehoor?

Britney Spears begin met ’n nuwe oefenprogram

Danksy ’n nuwe dieet en oefenprogram het die sangeres Britney Spears meer as 5 kg verloor, berig Yahoo!

Die 33-jarige blondine was glo ongelukkig met haar lyf toe sy vroeër vanjaar saam met Iggy Azalea aan die “Pretty girls”-musiekvideo gewerk het. Sy was ook glad nie beïndruk toe sy ongedokterde foto’s van haarself wat op die stel geneem is, gesien het nie.

FOTO: Instagram  britneyspears

FOTO: Instagram britneyspears

’n Bron vertel aan Contract Music dat dié foto’s vir Britney gemotiveer het om haar leefwyse te verander. Sy oefen nou baie meer en gemorskos word nie in haar huis toegelaat nie.

Britney is weer enkellopend, maar haar twee seuns, Sean (9) en Jayden (8), hou haar besig.

Kyk hier na die “Pretty Girls” musiekvideo:

Bronne: Yahoo! en Contract Music

Lees ook