FOTO: Instagram britneyspears

FOTO: Instagram britneyspears

Het jy gehoor?

Britney Spears se Photoshop-glips

Soos wat ons die jasse nader trek, begin die celebs in die noordelike halfrond hul jasse uittrek en gereed maak vir somer. En dit beteken natuurlik dat die bikini-foto’s ook begin kop uitsteek.

Maar dalk moes Britney eerder nie dié foto gedeel het nie. Dit lyk asof sy heerlik in ’n geel bikini langs haar swembad uitspan, maar haar aanhangers het vinnig snuf in die neus gekry.

Het Britney haarself ge-photoshop?

Mense vermoed onraad oor die kurwe van haar rug, want dit lyk asof die plaveisel onder haar rug verdwyn het.

Just chilling

A photo posted by Britney Spears (@britneyspears) on

Terwyl heelwat van haar aanhangers in die kommentaar sê dat die foto duidelik gemanipuleer is, sê ander weer daar is niks fout daarmee nie, en dat dit die hoek is waaruit die foto geneem is, of dat dit ’n snaakse skadukol is.

Wat dink jy? Het Britney aan die foto gewerk . . .  en maak dit vir jou saak? 

Britney is die ma van twee seuns, Jayden en Sean. 

Miss my boys

A photo posted by Britney Spears (@britneyspears) on

Lees nou