Het jy gehoor?

Britney Spears spog met haar verloofring

Hollywood het behoorlik troukoors. Die afgelope maand het talle paartjies die jawoord gevra: Justin Timberlake en Jessica Biel, Drew Barrymore en Will Kopelman, Anne Hathaway en Adam Shulman, en natuurlik, Britney Spears en haar voormalige agent, Jason Trawick.

Jason het Britney op sy veertigste verjaarsdag in Desember met ‘n 4-karaat-diamantknewel verras. Die paartjie het hul verlowing in Las Vegas gevier en die Kersseisoen in New York deurgebring.

Hierdie sal Britney se derde troue wees. In 2004 was sy vir ‘n korstondige 55 ure met haar skoolvriend, Jason Alexander, getroud. Daarna was sy mev. Kevin Federline. Hy is ook die pa van haar twee seuns, Sean Preston (6) en Jayden James (5).

Daar is nog geen troudatum bekend gemaak nie.